×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Snags as die veediewe begin woeker, is die grensboere éérs ...

EWIGDURENDE STRYD

Snags as die veediewe begin woeker, is die grensboere éérs oorgelewer

Nag ná nag gaan die alarms om die beeste se nekke af as die veediewe begin woeker. En elke keer is die Suid-Afrikaanse boere aan die Lesotho-grens op hul eie om die diewe te verwilder. Dis 'n uitmergelende, ewigdurende stryd om oorlewing wat baie boere reeds die handdoek laat ingooi het. ERIKA GIBSON doen verslag.

BEES VAN BLERK (71) boer al 47 jaar aan die Lesotho-grens naby Clarens in die Oos-Vrystaat. Getrou aan sy naam boer hy met beeste – ’n befoeterde kruising van Brahmane en Angusse wat sy hartskinders is. Hy kan boekdele vertel van die wel en veral die wee om sonde met die bure aan die ander kant van die grens te probeer temper. Soms raas en skel en dreig hulle mekaar – veral as oorgrens-veediefstalle soos die afgelope paar maande toegeneem het.

Maar hulle lewe ook volgens ’n ongeskrewe stel reëls waar deernis, regverdigheid en wedersydse respek die hoeksteen is. Dié reëls strook nie altyd met die letter van die woord van die owerhede nie, maar dáár waar daar net berge en veld ver van die naaste polisiekantoor of weermagpos is, moet die lewe aangaan.

“Ek behoort aan geen organisasie nie en is ook nie lus om by vergaderings te sit waar allerlei planne op papier gemaak word nie. Op my plaas geld my reëls en ons sorg as bure vir mekaar. As ’n boer aan die Suid-Afrikaanse kant se beeste soek raak, help ek. As iemand die kaptein in Lesotho se melkkoei steel en ek sien iemand met die koei dié kant loop, loop ek hom tromp-op, want ek weet dis die kaptein se koei," sê Van Blerk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.