Die ervare nuushond wie se tjank nog lank nie afgetrap is nie

MIDDAGETE MET MELANIE RICE

Die ervare nuushond wie se tjank nog lank nie afgetrap is nie

Vir die TV-joernalis Melanie Rice was dit 'n jaar van groot getalle. Sy vertel vir HERMAN LATEGAN oor 'n glas chardonnay en 'n Caesar-slaai van haar vrugtevolle dekades in die media en hoe sy nadat sy 'n gesin begin het, haar weer van onder af moes opwerk.

DIT is haar epog van mylpale en veral dankbaarheid. Sy beklemtoon laasgenoemde. Vroeër vanjaar het Melanie Rice 50 geword.

Vyf-en-twintig jaar gelede was sy deel van die oorspronklike span wat die eerste aandnuusbulletin op e.tv uitgesaai het. Vandag het hulle 1,8 miljoen kykers. Sy is die skepper en uitvoerende vervaardiger van Judge for Yourself met oudregter Dennis Davis. Dié program is vanjaar amper 20 jaar oud.

'n Mens sou dink sy sou soos 'n pou haar bont en pers vere oppof, maar nee. In 'n milieu waar narsisme en groot ego’s ruig soos onkruid groei, is daar geen sweem daarvan nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.