Gevangenskap herdefinieer my ‘vryheid’

GEDAGTES UIT ’N SIEKBED

Gevangenskap herdefinieer my ‘vryheid’

Terwyl hy ná ’n skouervervanging herstel, besin ISMAIL LAGARDIEN oor die vrugteloosheid van sy besluit om familie en vriende op ’n afstand te hou.

EN nou vir iets anders. Ek skryf vanuit my siekbed, maar dis baie minder dramaties as wat dit klink. Ek het ’n groot operasie ondergaan en die dokter se opdrag was dat ek ’n week tot 10 dae lank in die bed moet bly. Hierdie is nie ’n daad van soebat of smeek nie; en dit gaan beslis ook nie oor selfbejammering nie. Wat ek hier skryf, is eerder ’n soort belydenis dat my besluit om ’n groot afstand tussen my en die wêreld te plaas, futiel en absurd soos dit ook al mag wees, my juis in onvryheid vasgevang het. Laat my toe om te verduidelik.

Met my regterarm teenaan my lyf vasgemaak en die chirurgiese wond op my skouer swaar verbind, straal pyn oor my kop, nek en bolyf. Ek dikteer hierdie essay met stemherkenningsagteware, en redigeer dit met my linkerhand. Eers was dit die trauma van ’n groot operasie, en nou is ek hulpeloos, want ek sukkel om te eet en kan myself nie aantrek of was nie. Narkose het 'n ongelooflike impak op ’n mens se liggaam – dit laat jou voel asof jy deur ’n vragmotor getref is. Nadat my regterskouer vervang is, het die dokter en fisioterapeute aangeraai dat ek ses weke lank ’n hangverband dra, nie my motor bestuur of goed optel nie, en dat ek ’n stel matige oefeninge moet doen totdat die wond genees het.

Die skouer pyn nie juis nie, want dis prosteties. Die wond en die blywende uitwerking van die narkose is eintlik die kwessie. Die chirurgiese insnyding is 10 tot 12 cm lank, en loop oor heelwat spiere en littekenweefsel van vorige operasies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.