Wat gaan van die wind word?

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Wat gaan van die wind word?

ANESCA SMITH droom oor ’n sagte lentebries uit Noord-Afrika en vertel in die woorde van die karakter Almásy in The English Patient oor ander winde in die wêreld. DEBORAH STEINMAIR vertel meer oor die Boeke- en Vrye Tyd-stories in ons jongste uitgawe.

  • 15 April 2023
  • Daagliks
  • 3 min om te lees
Image: ANGELA TUCK

Dagsê vriende

Met die lente wat net nie aan die gang kan kom hier langs die koue Noordsee nie, begin ek teen dié tyd al oorromantiese idees ontwikkel oor wat ek die komende somer wil doen.

Net verlede week was die koue weer so onverwags dat ek my handskoene by die huis vergeet het. Eenmaal voor my kantoordeur duur dit ’n tydjie voor my veryste vingers die krag het om die sleutel te draai en na binne te gaan.

In plaas van die koue noordoostewind, droom ek van ’n sagte lentebries uit Noord-Afrika. Maar nie die senutergende stofwolke uit die Sahara wat selfs tot in die suide van Skandinawië ’n rooi laag op voertuie en vensterrame kan laat nie. ’n Verskynsel wat vir my heeltemal onbekend was tot ek in Nederland begin woon het.

Daar is ’n pragtige toneel uit die rolprent The English Patient waar die karakter van Ralph Fiennes (Almásy) tydens ’n sandstorm in die woestyn saam met sy geliefde opgesluit in ’n jeep sit en hy haar oor die verskillende winde in die wêreld begin vertel:

“Let me tell you about winds.

“There is a whirlwind in southern Morocco, the aajej, against which the fellahin defend themselves with knives. There is the africo, which has at times reached into the city of Rome. The alm, a fall wind out of Yugoslavia. The arifi, also christened aref or rifi, which scorches with numerous tongues. These are permanent winds that live in the present tense.

“There are other, less constant winds that change direction, that can knock down horse and rider and realign themselves anticlockwise. There is the hot, dry ghibli from Tunis, which rolls and rolls and produces a nervous condition. The haboob – a Sudan dust storm that dresses in bright yellow walls a thousand metres high and is followed by rain. The harmattan, which blows and eventually drowns itself into the Atlantic. Imbat, a sea breeze in North Africa. Some winds that just sigh towards the sky.”

Ek kan my voorstel dat ’n karakter soos Almásy aanklank vind by die wind. Keer op keer in die fliek benadruk hy sy begeerte om nie besit te word deur ’n ander of deur landsgrense ingeperk te word nie. Net soos die wind.

Soms wonder ek watter uitwerking die klimaatkrisis op die wind gaan hê. Ek lees nie veel daaroor in die media nie. Wetenskaplikes skyn nog ver van uitklaring te hê. Gaan die wind langsaam verstil of juis harder waai en tier?

Mooi naweek
Anesca


Vandag is ons VWB-Cullinan-boekefees in volle gang, met sewe gesprekke. As jy naby is, daag gerus op. Kaartjies word by die deur ook verkoop. As jy ver is, verlustig jou maar in ons Boeke- en Vrye Tyd-aanbiedings, waar ons elke week feesvier.

Deborah Steinmair is teen die kant van die kop geklap deur Carien Smith se debuutkortverhaalbundel.

’n Wêreld waar bots regeer en geen blomme meer bot nie


Nadine Petrick het haar nie na bots gewend nie, sy het Carien Smith virtueel die kuns afgevra oor haar verstommende bundel.

Verbeelding op die spektrum, op pad na die laaste stasie


Pieter van der Lugt bekyk die ryk nalatenskap van die Japannese Nobelpryswenner vir letterkunde wat onlangs oorlede is.

Kenzaburō Ōe, die ewige anargis


Kerneels Breytenbach vertel van romans, fantasie en feite, spioentruuks en ’n speurverhaal.

Gesondheid! En geniet die lewe


Hier haal jy uit en wys wat jy kan doen en ons spog met jou skryfwerk. Stuur jou bydrae aan Deborah Steinmair. Dié week deel Henning Janse van Vuuren ’n onrusbarende kortverhaal.

Vorm vir informasie van ’n sterfgeval


Siepsop-en-braaiboud! Lees Sjaka S. Septembir se verontwaardigde reaksie op Mareli Stolp se beoordeling van sy boek. 

Die baie lang repliek van Sjaka S. Septembir


VRYE TYD

Elna van der Merwe gesels met die KKNK se feeskunstenaar.

Onsigbare grense wat onwelkomes uithou


Laureen Rossouw gesels met die Kaapse modeontwerper Errol Arendz.

15 vrae aan Errol Arendz


Egmont Sippel sing oor die Golf GTI en die R.

Golf: Die R met ’n X-faktor


Emilia Smuts deel sonderlinge resepte.

’n Eetfees met twee bestanddele


Louis de Villiers is geïrriteerd met 'n sportlegende.

Gary Player: ‘Ek het merkwaardige dinge gedoen’


SIEN JOU BY DIE VWB-CULLINAN-BOEKEFEES!

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou!

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.