Oor krummels, olifante en gifwolke

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Oor krummels, olifante en gifwolke

Super-intelligente mense moet nie met moreel onkreukbare mense verwar word nie, skryf ANESCA SMITH. Dan is daar ook prikkelende artikels oor boeke, kuns, kos, sport en trends, vertel DEBORAH STEINMAIR.

  • 24 Junie 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees

Dagsê

Image: ANGELA TUCK

Dagsê

My skoonmoeder is iemand wat reguit praat as sy sien dat daar nie aan die morele kant van die pad gehandel word nie. So ’n iets-is-óf-reg-óf-verkeerd-persoon.

Maar vandag is sy swygend terwyl sy  met ’n groen doekie broodkrummels van die tafel vee en ons almal in die woonkamer ontspan ná ’n verjaarsdagete en oor werksake praat.

Sien, haar seun – my skoonbroer – werk vir een van die grootste vervuilers in Nederland, Tata Steel, maar niemand praat oor daardie aspek van sy werk nie. Oor sy opgang in die maatskappy, die heerlike werkreise en waar daar hierdie jaar geski gaan word, ja, maar nie oor die olifant in die vertrek nie. (As iemand ’n beter Afrikaanse uitdrukking het vir “elephant in the room” hoor ek dit graag.)

Sedert vorige jaar hou inwoners van dorpe rondom Tata Steel die fabriek met behulp van webkameras 24 uur per dag dop – of liewer die gaswolke wat hy uitstoot – omdat hulle meen die regering neem nie hul kommer oor die gevare vir hul gesondheid ernstig op nie. Wit rook dui op stoom en hoef nie ernstig bejeën te word nie. Maar sien mense ’n swart, bruin, geel of oranje wolk is dit kommerwekkend.

Sedert Mei vanjaar het Greenpeace ook sy gewig agter die livestream gegooi met sy veldtog “Spot de Gifwolk” en mense gevra om saam te kyk. Dit blyk doeltreffend te wees. Behalwe duisende meldinge van die publiek het die staalreus se eie meldinge van “ongewone voorvalle” die afgelope jaar vervyfvoudig.

Die gesprek in my skoonmoeder se woonkamer gaan eintlik oor die onlangse provinsiale verkiesings en jy kan min of meer uitmaak vir watter party almal gestem het.

Image: ANGELA TUCK

Self is ek geneig om vir partye te stem wat hulle vir die omgewing of menseregte beywer. So nou en dan maak ek ’n impuls-stem. Soos met die vorige nasionale verkiesing toe ek vir Pieter Omtzigt gestem het  – iemand wat byna manalleen diskriminasie by die belastingdiens aan die kaak gestel het wat duisende arm mense ontereg van belastingbedrog beskuldig het. Van dié mense het so diep in die skuld beland dat hulle kinders deur die staat van hulle weggeneem is.

Tot vandag toe is dié onreg nog steeds nie herstel nie. En premier Mark Rutte, onder wie se watch dit gebeur het – hy was toevallig die afgelope week vir ’n blitsbesoek in Pretoria vir gesprekke met pres. Cyril Ramaphosa oor Suid-Afrika se oorgang na groen energie – sit nog steeds op die troon.

My skoonsuster – maklik die persoon met die hoogste IK in die kamer – sê met ’n sagte glimlag dat sy vir Rutte se party gestem het omdat dié Tata Steel se belange die beste beskerm. Wat net weer bewys, super-intelligente mense moet nie met moreel onkreukbare mense verwar word nie.

Ek kyk na my skoonmoeder. Dié gaan rustig voort met krummels van die tafel vee. Al wat meer ongemaklik is, is my eie stilswye. Ek het geen sin om die geselligheid te ruïneer nie.

Mooi naweek
Anesca


Kom kuier saam met bekroonde jeugboekskrywers, want jy is jonk van gees. Skryf dit neer in jou dagboek en bespreek nou kaartjies vir ons eerste Clarens-boekefees van 21 tot 23 Julie. Sien jou daar!


In die hartjie van die winter verwarm kraakvars boeke en prikkelende artikels oor kuns, kos, sport en trends  ons hartkamers. Hier is dié week se Boeke- en Vrye Tyd-aanbiedings:


BOEKE

Deborah Steinmair het P.P. Fourie se jongste boek, wat pas op die rak beland het, verslind.

’n Passasier van sy eie penis en die puin wat hy nalaat


Mercia S. Burger besoek Jack Kerouac se tuisdorp en lees sy jazzy jamsessie-prosa.

Kerouac, Beatnik-rebel met ’n konserwatiewe knorpotstreep


Nadine Petrick praat 'n hond uit 'n bos met Sven Axelrad.

Verdwaalde spoke en prostitute in telefoonhokkies


Kerneels Breytenbach toets die water en nooi ons om te kom swem in nuwe boeke.

Van skeepswrak tot eeue oue spookstories


Lees 'n kortverhaal uit 'n leser se kleintyd. Stuur jou kreatiewe bydrae aan Deborah Steinmair.


VRYE TYD

Laureen Rossouw gesels met kwiksilwer-fotograaf en skrywer Lien Botha. 

15 vrae aan Lien Botha


Heinz Mödler vertel van 'n twis tussen drie skrywersvriende.

Vriendskap troef jaloesie: ’n storie van drie groot skrywers


Emilia Smuts vertel van tant Huibrie se poeding wat aanhou gee.

Tannie Huibrie se poeding wat aanhou gee


Louis de Villiers het sewe dae vanuit sy siekbed sport gekyk.

TV-sport tot die redding as griep jou vir ’n ses slaan


Madeleine Barnard bekyk die botterbul-fenomeen onder 'n vergrootglas. 

Oor kakieknape in kort kortbroekies wat vleis wys …


♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.