Daar ís nog vegkrag in ons

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Daar ís nog vegkrag in ons

Suid-Afrika het ’n sokkersege nodiger as Nederland. Miskien is dit ’n goeie teenmiddel teen die verdeeldheid wat tans in die land gesaai word, skryf ANESCA SMITH. En DEBORAH STEINMAIR vertel weer van al die lekkerlees-stories in die Boeke- en Vrye Tyd-afdelings van ons jongste uitgawe. En ons hou wéér boekefees oor twee weke – dié keer in Melkbosstrand!

  • 05 Augustus 2023
  • Daagliks
  • 3 min om te lees

Dagsê

Image: ANGELA TUCK

Toe ek jonger was, het ons ons altyd vererg vir bruin mense wat ’n rukkie oorsee was en as hulle terugkom, kan hulle skielik nie meer Afrikaans praat nie.

Net so vererg ek my dié week vir ’n Noord-Kaapse dominee – skaars drie jaar hier in Nederland – wat op Facebook aankondig hy gaan in môreoggend se kragmeting tussen Banyana Banyana en die Oranje Leeuwinnen laasgenoemde ondersteun.

Huh?

Sy flou verskoning is dat hy optree “uit lojaliteit” teenoor sy (Nederlandse) vrou. Ek ken sy vrou en weet sy is veels te nugter en lief vir Suid-Afrika om so ’n belaglike eis te stel. So ek dink dis pure aanstellery. Oordrewe gedrag.

Image: ANGELA TUCK

Ja, ek moet nie mense oor hulle eie keuses loop en treiter nie, maar my punt is: Suid-Afrika het ’n wen nodig.

Nodiger as wat Nederland dit het. Hulle het Max Verstappen, wat nou al vir hoeveel saai Sondae sorg deur nóg ’n Formule 1-wedren te wen. En ’n swetterjoel ander sportsterre. Hulle het geen beurtkrag en taxigeweld nie. Die land se gewildste politikus moet op die oomblik met groot moeite oortuig word om homself as premierskandidaat beskikbaar te stel vir die verkiesing oor drie maande. Die tweede gewildste wil ook nie premier word nie.

Maar terug na Banyana. Selfs die hardebaard- Nederlandse sportkommentators het dit dié week aandoenlik gevind om Suid-Afrika se blydskap te sien toe hulle Italië, teen alle verwagtinge in, verslaan het. Hulle het gesien hoeveel dit vir die land se voos gees beteken het.

As die land so buite homself is omdat Banyana tot die laaste 16 gevorder het, dink net wat dit sal beteken as die span nóg ’n ronde verder gaan.

Image: ANGELA TUCK

Want die hemel weet hoe lank ons nou al op hoop sonder resultate leef. Dat dinge beter sal gaan in Suid-Afrika – ekonomies en maatskaplik. Miskien al vanaf die eerste demokratiese verkiesing in 1994. En met elke verkiesing word daardie hoop flouer.

Cyril Ramaphosa was nog die laaste opflikkering ná die Zuma-jare – miskien sou hy met sy sakekennis ten minste Suid-Afrika se ekonomie regruk. Maar hoeveel voorbeelde is daar regtig van sakeleiers wat hulself ook as goeie politieke leiers bewys het?

Nee, Banyana gaan nie ons politieke en maatskaplike probleme oplos nie, maar miskien is dit ’n goeie teenmiddel teen die verdeeldheid wat tans in die land gesaai word. En ’n bewys: Daar is nog vegkrag in ons.

Mooi naweek
Anesca


Oor twee weke vier ons weer boekefees, in Melkbosstrand! Hou hierdie ruimte dop vir die program en Quicket-skakel. Ilza Roggeband het 'n uithalerprogram gereël met, benewens boeke, ook drama en iets vir die kleingoed. Hou 17 tot 19 Augustus oop.


Die lang, koue winter kan nie vir altyd aanhou nie, maar dis ideale leesweer. Verlustig jou in ons warmbloedige Boeke- en Vrye Tyd-aanbiedings. Soos altyd is dit vol inligting, insig en vermaak.

BOEKE

Image: ANGELA TUCK

Deborah Steinmair deel vier boeke wat hoor en sien laat vergaan, wat smelt in die mond soos Belgiese sjokolade.

Vier boeke laat hoor en sien vergaan


Image: ANGELA TUCK

By boekfeeste, leeskringe en boekbekendstellings praat Herman Lategan gereeld sy mond verby en voel uitgestal soos 'n sirkusaap.

Sirkusaap vir ryk boekdiewe


Image: ANGELA TUCK

Nadine Petrick gesels met die kinder- en jeugboekkoning, Fanie Viljoen.

Stilste kind met die storiestem


Image: ANGELA TUCK

Ons fynproewer Kerneels Breytenbach deel boeke oor Oppenheimer, Sinéad en ander noemenswaardige publikasies.

Sinéad, Oppenheimer en ander nuusmakers


Elsabé Groenewald skryf 'n kortverhaal oor Afrikaners. Stuur jou skryfwerk aan Deborah Steinmair, ons spog graag met jou pennevrug.


VRYE TYD

Image: ANGELA TUCK

Laureen Rossouw gesels met Annemarié van Niekerk, skrywer van Onder 'n bloedrooi hemel.

15 vrae aan Annemarié van Niekerk


Image: ANGELA TUCK

Lees Kerneels Breytenbach se ode aan 'n sensuele sanger, aktrise en mode-inspirasie.

Jane, vir ewig deel van my psige


Image: ANGELA TUCK

Laureen Rossouw en Leon van Rooyen deel hulle indrukke van twee megatreffers op die silwerskerm.

Barbenheimer


Aletta Lintvelt deel geheime oor heilsame sop wat jou uit die diepste put kan lig. 

Aletta se tydtonnel-sop


Image: ANGELA TUCK

Louis de Villiers kyk terug op die stryd om die As.

Skilpad vs. Bazball-hasie was pure pret


Image: ANGELA TUCK

Hier is items wat jou lewe lekkerder en makliker kan maak.

Vonds van die week


♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.