Brexit: Die begin van ’n lang, koue winter op Moddereiland

LEWE IN DIE VK

Brexit: Die begin van ’n lang, koue winter op Moddereiland

Hy is elke nou en dan in sak en as weens Brexit, die ergste vorm van opsetlike nasionale selfmishandeling in die geskiedenis van die mensdom, skryf DEON GOUWS. En dinge op Moddereiland gaan waarskynlik eers vererger voordat dit begin beter raak.

VROEG in 2019 nooi een van Suid-Afrika se groot finansiële instellings my om ’n platform te deel op ’n blits-konferensietoer na elke belangrike stad in Suid-Afrika (asook Pretoria). Dit was die goeie ou dae toe ons almal nog maklik kon rondreis, mense sonder huiwering hand geskud het en gehoorsale oor die land heen volgepak was. Maar ek dwaal af.

My spreekbeurt was tweede op die agenda, direk nadat ’n toonaangewende politieke kommentator ’n paar kommerwekkende gedagtes oor Suid-Afrika se politieke landskap gedeel het. Ek het telkens weggetrek met verwysing na daardie openingstoespraak en gesê die vorige spreker se woorde (in kombinasie met my eie verwysingsraamwerk daar waar ek in Londen woon) laat my alte veel hunker na die politieke stabiliteit, geloofwaardige leiers en sterk geldeenheid van my moederland. Party mense het geglimlag; ek self was eintlik half ernstig.

Diegene wat destyds die politieke verwikkelinge rondom Brexit gevolg het, sal dalk onthou dat dit die tyd was toe die Verenigde Koninkryk (VK) onophoudelik met die Europese Unie probeer onderhandel het oor die detail van die uiteindelike egskeidingsooreenkoms en al die verwante komplikasies – soos die Noord-Ierland-protokol (wat die VK natuurlik deesdae wil verander noudat hulle uiteindelik wakker geskrik het en besef waarvoor hulle hulle in die eerste plek ingelaat het). Uiteindelik het hierdie politieke verknorsing Theresa May se einde as premier beteken en gelei tot die kroning van ’n hanswors genaamd Alexander Boris de Pfeffel Johnson kort daarna...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.