LAAS Sondagoggend was die somer verby. Dis herfs, en strandstap hou niks meer bekoring in nie. Ons sprei liewe vriendin Renee se enorme seegroen sybokhaarkombers oor die bed, en dra die resepte aan haar nagedagtenis op.
Nou begin die dae vir ontbyt in die bed. Jy leun terug teen die spierwit kussings wat jou oumagrootjie met die hand omboor het, neem ’n slukkie Earl Grey uit ’n Minton-koppie, en wag dat iemand die bamboesskinkbord met sy fyn lappie inbring. Daarop is ’n saggekookte eier, roosterbrood, vars lemoensap en dieprooi deurskynende kweperkonfyt (landbouskougehalte).
Brekfis wat iemand vir jou in die bed bring, is salig. Eweneens is omtrent niks so troosteloos soos wanneer jy self moet opstaan om te gaan Marmite-toast maak en dit op ’n ou gekraakte hotelbord bed toe bring nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.