Wat sou Alan Paton sê?

HAAT VS LIEFDE IN SA

Wat sou Alan Paton sê?

Sy geld is op liefde in die politieke slagveld wat Suid-Afrika tans kenmerk, skryf FREDERIK DE JAGER. Is dit naïef om nou van liefde te praat soos toe Nelson Mandela eens gesê het liefde is natuurliker vir die menslike hart as haat? Of was Alan Paton reg toe hy gewaarsku het dat liefde te laat sou kom?

TEEN die tyd dat die 1980’s aangebreek het, het die apokalips al in ons koppe gewoon. Die vuur is nie in 1976 aangesteek nie, maar dis toe hoog aangeblaas.

“Nou is dit nood,” het die koerant in ’n 200-punt-font gegil toe PW Botha sy eerste noodtoestand afkondig. Adriaan Vlok, die lagwekkende minister van polisie, het angstig op TV gewaarsku ons voorland is “arnachy” (sic). Amper die naam van ’n meisietjie.

Ek het gaan studeer en te lank op universiteit rondgehang en grade versamel sonder om my regtig vir enigiets te bekwaam. Botha was die kanselier, die held van almal behalwe die rarae aves wat in die kantlyne van die beeldskone dorp met sy blakend gesonde jeug rondgluip. Ek het die sentiment gehad, maar nie die gedermte om my lot te werp by die rebelse “elemente” nie (’n gunstelingwoord van Botha se voorganger, B.J. Vorster)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.