Tito: Die stange van bevrydingspolitiek striem dié karperd

OORSPEEL MBOWENI SY HAND?

Tito: Die stange van bevrydingspolitiek striem dié karperd

Die verhouding tussen die minister van finansies en die president is die belangrikste politieke verbintenis in die uitvoerende gesag van 'n demokrasie, skryf PIET CROUCAMP. Die minister is immers grotendeels 'n tegnokraat wat die president se politieke agenda finansier.

DIE minister bestuur die fiskale beleid van die staat en die regering, maar sy besluite word geneem in die konteks van 'n politieke agenda wat deur die uitvoerende gesag, met spesifieke verwysing na die president, gekarteer word.

Vir Tito Mboweni, avokadoboer van Tzaneen wat eens as die goewerneur van die reserwebank gedien het, sit so 'n tegnokratiese pligstaat as minister van finansies ietwat ongemaklik. 'n Boer neem besluite wat hy verreken teen risiko’s in 'n markekonomie terwyl 'n goewerneur monetêre beleid onafhanklik van die uitvoerende gesag bepaal.  

Mboweni is 'n karperd met 'n sterk kop, maar die disselboom en stange van bevrydingspolitiek striem sy beweegruimte, en druis in teen sy ongebreidelde natuur om moeilike besluite berekend te neem en deur te forseer. Mboweni het reeds verskeie kere sy Twitter-rekening gebruik om die waters vir onpopulêre beleidsbesluite te toets. Om die waarheid te sê, dit wat hy op Twitter kwytraak, het hom al meermale die argwaan van Luthuli-huis op die hals gehaal omdat sy politiek-ekonomiese pragmatisme die dogma en rigiditeit van kollektiewe besluitneming uitdaag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.