Mistiek en erotiek: vreemdelinge of bedmaats?

AANTREK EN WEGSTOOT

Mistiek en erotiek: vreemdelinge of bedmaats?

Kan vleeslik en geestelik geskei word of is die lyflike en sintuiglike juis vensters na God? Het dade wat lywe doen nie ook ’n geestelike kant nie, en kan enige iets geesteliks gedoen word sonder ’n lyf? vra CAS WEPENER.

EK lees weer Sheila Cussons se pragtige debuutbundel Plektrum. Dis stadig lees en langsaam blaai. Heelwat van die bekende Cussons-temas is reeds hier: vuur, blink, godsdiens, lyflikheid, kyk. Haar gedigte handel dikwels oor die alledaagse wat, in die woorde van John Kannemeyer: “as’t ware opglans na die mistiek toe.”

Die tweedelaaste gedig in Plektrum is “Héloïse”. Cussons se verhouding in Amsterdam met N.P. van Wyk Louw is bekend, so mens neem aan dat die gedig ’n sinspeling op Abélard (Van Wyk) en Héloïse (Sheila) is. Bronne oor Cussons se oeuvre bevestig hierdie voor die hand liggende interpretasie. Ek blaai om na die laaste gedig in haar debuut – “Gebed”.

In “Gebed” is die digter in gesprek met God, en God is ’n Magneet wat aantrek en wegstoot. Die beeld herinner aan D.J. Opperman se “Wederkoms” in Dolosse waar hy skryf: “God het as magtige magneet / Sy vinger / deur ’n wit wolk / gesteek:” ... en so word alles aangetrek “na Hom”. Anders as Opperman se minder persoonlike vers waar God “dakke en bome en mense” in die algemeen aantrek, is Cussons se “Gebed” heel persoonlik. Die openingsreël lui: “Hoe sal ek U ooit ken?” en die slotreël: “Magneet, wat ek sal ken!”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.