Geloof, hoop en koalisies

SKEIDING TUSSEN KERK EN STAAT

Geloof, hoop en koalisies

Die algemene gevoel dat die ANC in volgende jaar se verkiesing die minderheid van die kiesers gaan trek, behoort ons opgewonde te maak. Maar met soveel politieke leiers wat godsdienstige uitsprake maak, moet ons op ons hoede wees vir wat die toekoms kan inhou, skryf RUHAN FOURIE.

ONS republiek is hoogs gelowig. Nie lank terug nie het sowat 84% van Suid-Afrikaners nog as Christene geïdentifiseer, en driekwart van ons landsgenote het hoër vertroue in geloofsgemeenskappe en -leiers as in die staat en politieke leiers getoon. Hierdie neiging word ook in ons nasionale simbole en instellings weerspieël, soos ons goddelike pleidooi in Nkosi Sikelel’ iAfrika en in die aanhef van ons Grondwet wat net sowel met ’n “Amen!” kon afsluit.

Tog, in wese, en in die gees van diversiteit, verdraagsaamheid en demokratiese waardes, is Suid-Afrika ’n sekulêre staat. Gelowiges van alle oortuigings word omhels mits hulle optrede binne die grondwetlike raamwerk bly, en daar bestaan ’n skerp skeidslyn tussen kerk en staat.

Wel, dit is hoe dit behoort te wees. Daar is immers ’n verskil tussen demokratiese waardes op papier en ’n politieke kultuur wat in praktyk die waardes strek en buig vir eie gewin...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.