’n Susterskap-skrobbering in die jjimjilbang

KOREAANSE GESKENK

’n Susterskap-skrobbering in die jjimjilbang

ADÉLE CHANGUION verlang huis toe op Oukersaand in Seoel, maar haar eensaamheid word weggeskrop in die badhuis.

DIT is 2011, Oukersaand in Suid-Korea. Hoewel Kersfees hier gevier word, is dit vir die meerderheid ’n dag om die vorige aand se roes af te slaap. Ek en my kollegas het aandete in Seoel geniet en daarna wil hulle klubs toe. Ek vries van die koue en hunker na ’n gesinsvakansie in Suid-Afrika. Wanneer die verlange na jou land te veel raak, moet jy iets opwindends of uitdagends doen, iets wat jou laat onthou hoekom jy 13 000 km ver weggetrek het. Op die subway groet ek elke kollega met ’n druk en loop verder tot in die hart van Seoel. Vanaand gaan ek jjimjilbang toe.

Die jjimjilbang of badhuis is ’n plek vir skoonheidsrituele en die instandhouding van algemene gesondheid, ’n plek waar oud en jonk kan leeglê en skuiling teen die winter se koue en bedompige somers vind.

Jjimjilbangs in ryk gebiede het ’n restaurant, ontspanningslokaal met videospeletjies en fliekteater, ’n gimnasium en ’n verskeidenheid vertrekke wat gesondheidsvoordele inhou, soos stoom- en kleikamers. Daar’s self ’n deel waar jy kan oornag. Mans en vroue bad nie saam nie, maar kan mekaar op ander vloere in pantoffels en kortmouklere (wat verskaf word) weer ontmoet. En dit alles vir ’n skamele R100 tot R300...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.