Donald Trump kan Oekraïne se ondergang wees

VERGEET VAN FEITE

Donald Trump kan Oekraïne se ondergang wees

Waar is die dae toe konserwatiewe Amerikaners teen Rusland en sy outokratiese president gekant was? Donald Trump het dit omgekeer, en nou het sy persoonlike ideologiese megafoon, Tucker Carlson, 'n sweetheart-onderhoud met Vladimir Putin gedoen. MAX DU PREEZ takseer dié verwikkelinge se impak op die oorlog in Oekraïne en die internasionale magsbalanse.

DIE gety in die oorlog in Oekraïne is besig om te draai. Dit is slegte nuus vir Amerika en sy Navo-bondgenote en beteken dat pres. Vladimir Putin van Rusland se eens-tanende internasionale aansien en invloed in die volgende jaar of twee kan groei.

Met verdere suksesse vir die Russiese magte, met China wat al meer sy stem in die wêreld dik maak, Brics+ wat groei en die sentiment wat stadigaan teen Israel en sy bondgenote in die oorlog op Gaza draai, kan 'n mens 'n beduidende verskuiwing in die internasionale magsbalanse voorspel. As Donald Trump in November tot president verkies word, wat na 'n al groter moontlikheid lyk, sal dit verhaas word.

“Russia is no longer losing the war, or the terrain it seized, and so Ukraine is definitely not winning it,” sê CNN se internasionale sekuriteitskorrespondent en ervare joernalis wat gereeld op die grond in Oekraïne is, Nick Paton Walsh. Dié Amerikaanse nuusnetwerk (https://edition.cnn.com/2023/12/07/europe/ukraine-western-unity-faltering-putin-intl-cmd/index.html) is van Oekraïne se sterkste ondersteuners...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.