Eer aan die tuimelende Valke

WARE MISDAAD

Eer aan die tuimelende Valke

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se elite ondersoek-eenheid, die Valke, is in sonde ontvang en gebore. Maar dit is al wat ons het. ALI VAN WYK skryf oor ’n briljante boek oor die eerbare Valke-beamptes wat nog vir die goeie stryd kans sien.

SOOS baie mense wat die politiek met belangstelling volg, dink ek nog altyd aan die Valke, die Hawks, die SAPS se direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke, as ’n soort afgewaterde en gekapaterde vorm van die Skerpioene. Die Skerpioene was die veel magtiger direktoraat van spesiale operasies wat in 2008 deur ’n stemming van die parlement ontbind is.

Die groot verskil tussen die Skerpioene en die Valke is dat die Skerpioene se bevelvoerder die adjunk-direkteur van openbare ondersoeke was. Hy was dus ’n aanklaer, wat hulle ’n eenheid van die nasionale vervolgingsgesag gemaak het met befondsing deur die minister van justisie. Hulle het ’n breë mandaat gehad om korrupsie en georganiseerde misdaad te ondersoek, ’n behoorlike begroting en toerusting, en opleiding onder van die beste agentskappe ter wêreld.

Met hierdie soort ondersteuning en kwaliteitpersoneel, en met aanklaers wat baie nou saam met die speurders gewerk het (en met daai warmgemaakte swart Golf GTI’s), was hulle natuurlik hoogs effektief. Ek besef nou die dag mens moes eintlik die einde van die Skerpioene van die begin af sien kom het en jou die teleurstelling van die naïewe idealis gespaar het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.