Hoe het Amerika hier beland?

LAAGTEPUNT

Hoe het Amerika hier beland?

Ná die presidensiële debat in Amerika is PIET CROUCAMP meer as ooit oortuig dat Suid-Afrikaners bekommerd moet wees oor sowel Donald Trump as Joe Biden in die Withuis.

EK het die moeite gedoen om op Vrydagoggend 28 Junie 2024 om 04:00 op te staan en die presidensiële debat tussen Joe Biden en Donald Trump op CNN te volg. En, dit was 'n morbiede ervaring. Hoe het dit gebeur dat die grootste ekonomie in die wêreld twee presidensiële kandidate oplewer wat as 'n laagtepunt in Amerika se politieke geskiedenis beskou word? Laat ek maar eerlik wees, my wrewel in Trump ken geen perke nie. Soos ons eie Gayton McKenzie is hy eenvoudig swak politieke genetika. Om die waarheid te sê, ek vind hom en sy hele familie weersinwekkend.

Maar hoe het die land van George Washington, Thomas Jefferson en Abraham Lincoln tot by hierdie punt gekom? Wat in die politieke stelsel van Amerika gee geboorte aan 'n verskynsel soos Trump? Biden was in sy jeug 'n briljante, vlymskerp politikus, maar daar kan geen twyfel wees nie dat hy nou in Huis Herfsblaar eerder as die Withuis hoort. Die gesig van 'n Biden wat sielsverlore oor sy eie gedagtes struikel en die psigopatiese sekspes Donald Trump wat vermakerig na sy opponent staar, laat soveel meer vrae as antwoorde.

Hoekom laat die Demokratiese Party hom toe om te staan, wel wetende dat dit heel waarskynlik die Withuis op 'n skinkbord aan die Republikeine en Trump gee? Hoe kan Biden in 'n politieke skaakspel opgewasse wees teen iemand soos die Chinese pres. Xi Jinping? Hoekom sal Putin of Nato-leiers vertroue hê in die oordeel van 'n Amerikaanse president wat duidelik by tye onseker is oor wie en waar hy is?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.