DIE vernaamste hoofstuk in die storie van Afrika sal geskryf word deur die jeug. Aan watter politikus dié diepsinnigheid toegedig moet word, dié sal ek nou nie in soveel woorde met my hand op my hart kan sweer nie. Hóé dit daadwerklik sou of moes of kon gebeur, hierdie grootse skryfdaad, lê nog opgesluit in die denke van onse wysgeer.
Al wat ek nou te sê het, is “lekke sê, meester!”, na die voorbeeld van onse familiekinners wanneer hulle jou met respekte daarop wil wys talk is cheap. Want soms is hulle al juis dít aan die doen waaroor jy so praat en praat. Jy sien dit, of dalk vir húlle, net nie raak nie.
Ver weg aan die rand van Kaapstad, op ’n plek seker so wyd uitgesprei soos Soweto. Mitchells Plain. Dis Afrika-dag by die Hoërskool Beacon Hill in een van die woonbuurte, Beaconvallei, verkondig die video wat sedert dié dag van hand tot hand aangestuur is. Hulle is Afrika, lui die voordragte wat kind ná kind tot eer van hul verskillende kulture geskryf het, in ’n taal wat sê hulle is van hier: Afrikaans in al haar gedaantes, Xhosa...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die storie van klein Beatie