Verkiesing: Om toktokkie te speel in lederhosen

WERK DIE STELSEL?

Verkiesing: Om toktokkie te speel in lederhosen

Om vir die komende plaaslike verkiesings rondom gemeenskaplike vrese te mobiliseer is nét so skadelik vir demokrasie as die verskynsel van verkiesings veg as ’n rasse-sensus, skryf PIET CROUCAMP. Partye moet aan die algemene belang van die breë kieserspubliek toegee, eerder as om kiesers te vra om tot partyleiers se paternalisme te konformeer.

SUID-AFRIKA se proporsionele kiesstelsel is seker een van die belangrikste kompromieë tussen die politieke leiers van die 1990’s.

Die primêre idee van so ’n stelsel is dat die groots moontlike hoeveelheid identiteite en belangegroepe ’n weg na wetgewers sal vind om ’n aandeel in besluitneming en wetgewing te hê. In akademiese brabbeltaal word daarna verwys as ’n regsinstrument wat politieke stelsels legitimeer.

Suid-Afrika is ’n diep verdeelde samelewing met ’n komplekse hoeveelheid belange-konfigurasies en die skrywers van ons Grondwet het die wysheid gehad om dít in ag te neem toe die kiesstelsel bedink is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.