RNE-era kan wél hoop inhou

BABATREË

RNE-era kan wél hoop inhou

‘Nuwe begin', ‘seisoen van hoop', ‘stygende gety' … dít is die clichés wat nou gehoor word namate die regering van nasionale eenheid aan die gang kom. Maar hoop is 'n brose kommoditeit, sê BRIAN LEVY.

  • 05 Julie 2024
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • artikel 5 van 27
  • Brian Levy

IN die nasleep van die verkiesing (https://results.elections.org.za/dashboards/npe/) op 29 Mei het hernude hoop ’n onverwagte verskyning gemaak. In moeilike tye kan selfs klein treë vorentoe waardevol wees. Maar soms is baie meer moontlik. Klein treë vorentoe kan mekaar voed; momentum kan opbou; 'n goeie, positiewe spiraal kan posvat. Dit is dalk so 'n oomblik.

Dit is nie juis 'n goeie teken wanneer 'n party wat vanuit (min of meer) die middel regeer, in ontnugtering gedompel (https://theconversation.com/death-of-a-liberation-movement-how-south-africas-anc-became-just-a-regular-political-party-with-some-help-from-jacob-zuma-231711) raak nie, en dan meer as 'n kwart van sy steun aan 'n nuwe etno-populistiese buitestander (https://theconversation.com/south-africa-elections-zumas-mk-party-steals-the-ancs-thunder-with-provocative-rhetoric-and-few-clear-policies-228913) afstaan. Maar oor die afgelope drie dekades het Suid-Afrika herhaaldelik daarin geslaag om 'n ramp af te weer. Apartheid is verslaan; roofsugtige etno-populisme is in bedwang gebring. Miskien kom die land se neiging om oorwinning uit die kake van nederlaag te pluk weer na vore.

Om dit te laat gebeur, sal selfbeheersing eerder as durf waarskynlik die sleutel wees. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.