Morrende gehoor by Morrison-konsert

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Morrende gehoor by Morrison-konsert

ANESCA SMITH vertel van Van the Man wat nie ’n saak gehad met sy gehoor by die North Sea Jazz Festival nie en skynbaar vasbeslote was om nie ’n enkele van sy treffers te sing nie. DEBORAH STEINMAIR bring nuus oor die jongste Boeke- en Vrye Tyd-stories en herinner jou aan volgende naweek se Clarens-boekefees.

  • 15 Julie 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees

Dagsê

Image: ANGELA TUCK

Ek het nog altyd ’n sagte plek gehad vir Ierland en een van hulle beste uitvoerprodukte moet sekerlik die Noord-Ierse sanger Van Morrison wees wat in die 1950’s en ’60’s opgang gemaak het as deel van die sogenaamde Belfast Blues.

Morrison was verlede naweek een van die groot name by die 2023 North Sea Jazz Festival in Rotterdam.

Die ander sangtalent wat ek bitter graag wou sien, is Lizzo, wat byna net so bekend is vir haar musiek as haar boodskappe oor body positivity. Toe sy vanjaar die Grammy vir Opname van die Jaar gewen het met “About Damn Time” het sy dit opgedra aan wyle Prince, want “when we lost Prince I decided to dedicate my life to making positive music”.

Helaas, ek kon maar één van die driedaagse fees bywoon en kies Morrison – hy is immers al 77 jaar oud en daar word hard in sy bos gekap. Wie weet of ek weer die geleentheid gaan hê om hom te sien optree?

Ek weet vooraf dat “Van the Man” die laaste paar jaar ’n naam vir homself gemaak het as ’n nukkerige, onbeskofte bliksem, maar ek gaan natuurlik vir die musiek. Vir “Brown Eyed Girl”, “Days like This”, “Moondance” en “Bright Side of the Road”.

’n Uur voor sy optrede sit ek al in die gehoor in blye afwagting. En skielik is hy daar. ’n Klein mannetjie, sjiek in ’n kobaltblou pak, donkerbril en ’n fedora met ’n blou lint om, harmonika in die hand waarmee hy meteen wegval. Die gehoor, meestal gryskoppe, is in vervoering. Op 77-jarige leeftyd is daar nog niks fout met dié man se stem of sy longkapasiteit nie. Die aand beloof om ’n fees te word.

Maar hoe later hoe kwater. Morrison is skynbaar vasbeslote om nie een van sy treffers te sing nie – met die uitsondering die klassieke gospelliedjie “This Little Light of Mine” – en die gehoor word stiller en stiller. Sommige verlaat al die saal vroeg.

Nie dat dié man ’n saak aan het met die gehoor nie. Daar is núl verbinding met die mense wat honderde euro’s betaal het om hom te sien. Die een liedjie ná die ander word afgerammel met byna geen tussenpose nie. En só gaan dit ’n uur en ’n half lank aan.

In teenstelling is die Amerikaanse blues-legende Buddy Guy, wat ná Morrison die podium betree, op sy 86-jarige leeftyd ’n féés. Guy – inspirasiebron vir vele groot sterre soos Eric Clapton, Jimi Hendrix en Keith Richards – speel “asof sy lewe daarvan afhang”, soos een resensent dit beskryf.

Dan is dit – goddank – tyd vir Morrison se laaste liedjie, “Worried Man Blues”, waarmee hy tog die moeite doen om na ’n hoër rat te verwissel. Halfpad deur verlaat hy die podium en sy agtergrondsangeres neem oor. Vir die eerste keer tydens die optrede is die gehoor op hulle voete en sing lustig saam.

Mooi naweek
Anesca


Image: ANGELA TUCK

Volgende week hierdie tyd sit ons in die Protea-hotel in Clarens en boekpraatjies maak! Kom ontmoet die talent agter VWB se prikkelende, dromerige illustrasies: Angela Tuck. Diane de Beer gesels met haar en Hanli Deysel (Protea Boekhuis se geheime wapen) oor boekomslae en kuns. Dis maar een van die hoogtepunte op ons propvol program. Gesprekke kos R90 elk, of koop sommer 'n naweekkaartjie teen R600 en kom kuier saam! Sien die hele program hier en sien jou daar! Kaartjies te koop by Quicket


Volgende naweek vier ons boeke, skrywers en lesers in Clarens. Maar elke naweek is Boeke- en Vrye Tyd-fees by VWB. Ons artikels oor kuns en mense sal jou amuseer, prikkel en inlig. 


BOEKE

Ons boekeredakteur gee 'n klein Boekbedonnerd met vyf boeke om jou hartklop te versnel en bloedsomloop te laat verbeter.

Biblioteek wat in die rondte tol


Almal se gunsteling, Marita van der Vyver, vertel van die dag toe sy haar gunstelingskrywer ontmoet het.

’n Marathon van manjifieke obsessies


Gerda Taljaard het 'n nuwe skrywer ontdek wat haar besiel. 

Susters staan saam teen met-die-Bybel-gebliksemde narsiste


Image: ANGELA TUCK

Soos altyd wys Kerneels Breytenbach ons op die lekkerste nuwe boeke om van die rak te haal.

Van satire tot roekelose toebroodjies


Joan Hambidge skryf oor Johan Fourie se opspraakwekkende boek.

Waarom ons beter leef as ons voorsate


VRYE TYD

Laureen Rossouw gesels met die bekroonde skrywer, digter en kunstenaar. 

15 vrae aan Nathan Trantraal


Image: ANGELA TUCK

Anelia Heese het met Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar gesels.

Hunter Kennedy: 40 en tevrede?


Image: ANGELA TUCK

Pieter van der Lugt vertel van 'n ou rillertruuk, die wipskrik.

Rillers maak jou sterker (sê hulle)


Aletta Lintvelt vertel hoekom sy hierdie heerlike gereg in die vervolg waarskynlik net vir haarself gaan maak. 

Steak vir een


Egmont Sippel skryf oor Hyundai se hotel op wiele.

Die Palisade-plan (oftewel die Potemkin-skuif)


Image: ANGELA TUCK

Snuffel deur items wat jou lewe makliker en lekkerder kan maak.

Vonds van die week


♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.