GRYP DIE KANS
Nou is ’n goeie tyd vir ’n paar eksperimente in die onderwys
Sekondêre sowel as tersiêre onderrig in die land is ryp vir radikale transformasie – nie van die soort wat ’n kader opgewonde sal maak nie, maar iets wat die onderwysstelsel toegankliker sal maak, ’n beter produk aan die arbeidsmag sal lewer en minder sal kos, skryf PIET CROUCAMP.
GRYP DIE KANS
Nou is ’n goeie tyd vir ’n paar eksperimente in die onderwys
Sekondêre sowel as tersiêre onderrig in die land is ryp vir radikale transformasie – nie van die soort wat ’n kader opgewonde sal maak nie, maar iets wat die onderwysstelsel toegankliker sal maak, ’n beter produk aan die arbeidsmag sal lewer en minder sal kos, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
WAT onderwys en opleiding betref, is daar ontsaglik baie ervaring en vaardighede in Suid-Afrika beskikbaar. Die werklike probleem is om meer mense – of waarskynlik almal – toegang tot die onderwysstelsel te gee.
Minder as 10% van matrikulante wat by tersiêre of naskoolse instellings vir verdere opleiding aansoek doen, kan toegelaat word. Daar is eenvoudig nie genoeg residensiële universiteite of opleidingsentra in die land om in die vraag te voorsien nie. Die mismoedige ekonomie het ook nie die vermoë om aan hierdie derduisende matrikulante naskoolse geleenthede te voorsien nie. Enkele jare gelede was ’n naskoolse kwalifikasie ’n paspoort na die middelklas, want minder as 9% van gegradueerdes sou vir ’n groot deel van die 2000's nié in die eerste twee jaar ná hul studies iewers in die arbeidsmark geholpe raak nie.
Covid-19 beduiwel nou daai syfer, en intussen het die ekonomie boonop ’n byna onherstelbare kopskoot gekry met Jacob Zuma se ANC en die kader-preneurs wat vir die belastingbetaler se rekening invoer uit die buiteland gestimuleer het. Sedertdien het dit duidelik geword dat Cyril Ramaphosa ook maar net ’n vakbondman en party-lojalis is, en verwagting van nuwe beleid wat lei tot ekonomiese groei en werkskepping is niks meer as ’n hersenskim nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Taxi na politieke mag
Bevrydingspolitiek striem dié karperd
Maak ou geld wat stom is reg wat krom is?
Misbruik van die ‘wetenskap’
Wil jy hê Cyril moet brul? Dink weer.
Geen bloudruk om corona vas te vat
Staat sal nie guerrillastryd oorleef
Wat lê voor vir opposiepartye?
Deel
Deel
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.