Turksvye in Türkiye

TAXIBESTUURDERS EN TRAANGAS

Turksvye in Türkiye

Oor ADÉLE CHANGUION se Türkiyiese reis het sy tuis eerder geswyg.

’N KOORSAGTIGE opwinding is in my ontketen die dag wat ons my oudste broer by O.R. Tambo gaan aflaai. Op 10-jarige ouderdom het ek geweet ek sal ook, soos al twee my broers, eendag deur die wonderbaarlike poorte van immigrasie en sekuriteit stap – na ’n wye wêreld ver van Limpopo. Agter in my ouers se motor het ek versigtig deur my broers se paspoorte geblaai en nuwe stempels van ver plekke bewonder. Met elke besoek aan die lughawe is my geloof in die avontuur wat op my wag versterk. Elf jaar later is die profesie volbring.

Daar is seker ’n mate van risiko vir jong vroue wat alleen reis, maar ’n 20-jarige brein glo mos hy is onverganklik. My arme ouers is met vurige oorredingsvermoë gepaai wanneer kommer oor my reisplanne uitspreek is. Met elke tuiskoms vanaf ’n ander land is my belewenis ietwat “strategies” oorvertel – sou my ouers die volle waarheid hoor, sou ek nooit weer ’n rygeleentheid lughawe toe kry nie. Ek vermoed my ma het in elk geval my tyd oorsee probeer ombid. Türkiye was een van daardie besoeke waar dinge so skeefgeloop het, dit is asof dit beplan was.

Die vlug na Istanbul het my ’n kroniese ongemaklikheid vir vlieg laat ontwikkel. Ongeveer ’n uur ná vertrektyd vanaf Dubai ervaar ons héwige turbulensie. Met elke skielike wip en duik van die vliegtuig snak ons klomp passasiers soos een man na asem. Ek hou die stoel met wit kneukels vas en wens iemand wil die vrou wat elke dan en wan “Oh, Jesus!” uitroep met ’n kussing smoor. Babas gil blou moord en die verkoelde lug help niks vir die stroompie sweet wat by my rug afloop nie. In opdrag van die kaptein gordel kajuitbemanning hulself vas. In die tweede uur van die vlug kan middagete steeds nie bedien word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.