Kultus jou hier, kultus jou daar

BREINSPOELING

Kultus jou hier, kultus jou daar

ALI VAN WYK het die afgelope jaar ’n byna kultusagtige obsessie met kultusse ontwikkel. Hy’t elke beskikbare dokumentêre reeks of program oor kultusse op die televisie-stroomdienste gekyk. Hier is nege van die bestes.

EK probeer verstaan hoe een mens volle beheer oor ’n ander mens se verstand kan kry, of nog erger, oor groepe ander mense s'n, soms duisende van hulle, en soms van 'n afstand af ook nog. Nadat ek die een na die ander program oor kultusse gekyk het, het ek groter insae in die sielkundige werking van breinspoeling, misleiding, onbehoorlike invloed en die magstrukture wat nodig is om ’n kultus te stig en te bedryf, maar uiteindelik verstaan ek dit steeds nie met my hart nie.

Hoe kan enigiemand hulle verstand, liggaam en keuses als in die hande van ’n ander mens plaas?

Ewe opvallend is dat byna elke dokumentêr wat ek op die stroomdienste kon vind, oor Amerikaanse of Kanadese kultusse handel. Dalk is dit net omdat die netwerke Amerikaans is, maar die feit is dat daar báie in Noord-Amerika is, en al is kultusse per definisie ekstreem, is baie van hierdie kultusse anderkant die uiterste grense  ekstreem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.