Vir talent en gehalte moet suinige klante maar uithaal en wys

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Vir talent en gehalte moet suinige klante maar uithaal en wys

Gelukkig is daar nog wel mense wat bereid is om die ware prys te betaal van wat iets werd is, skryf ANESCA SMITH. Bly warm en lees ons Boeke- en Vrye Tyd-aanbiedings uit die jongste uitgawe. DEBORAH STEINMAIR vertel meer daaroor, en herinner jou aan ons Clarens-boekefees oor twee weke.

  • 08 Julie 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees

Dagsê

Image: ANGELA TUCK

Dié week praat ek met ’n jong, vroulike ondernemer in Suid-Afrika oor die verskaffing van sierade aan my webwinkel in Nederland. Sy gebruik ’n hoëgehalte-silwer, wat beteken die prys van haar produkte is aansienlik hoër as die prysklas waarin ek gewoonlik werk.

Ek verduidelik dat Nederlanders van nature suiniger is as die res van Wes-Europa en op hul sentjies let. Ek kry gereeld klante wat vra of hulle korting kan kry op dit of dat. Boonop, in die winkels waar ek verkoop (’n gedeelde kollektief met ander ondernemers), word die kompetisie met goedkoop rommel uit China en ander Oosterse lande al hoe strawwer.

Ek kyk met verbasing hoe klante wat byvoorbeeld ’n goedkoop ring gekoop het, ’n week later terugkom, want die ding het verkleur. Sodra hulle vergoed word, koop hulle wragtig wéér so ’n ring! Dié produkte verkoop soos soetkoek. Die meeste klante doen nie eens moeite om die ou ring terug te bring nie, hulle koop net ’n ander en – neem ek aan – gooi die oue eenvoudig in die vullisdrom.

Image: ANGELA TUCK

Daar is ’n lopende band van ondernemers in die winkel wat vol trots en idealisme produkte wat hulle self gemaak het in die winkel begin verkoop. Die meeste hou nie vol nie, want die waarde van die geld, tyd en die arbeid wat dit kos om dinge self te maak, kan nie meeding met pryse uit Bangladesj en Nepal nie.

Ek self het aan die punte van my vingers vasgeklou tot ek algaande meer kennis opgedoen het oor hoe die vurk in die hef steek en aan ’n eie weg kon begin timmer sodat ek en my verskaffers uit Afrika nie net nouliks oorleef nie, maar (met ’n skoon gewete) ’n fatsoenlike bestaan kan voer van dinge wat ons maak of verhandel. Suid-Afrikaanse makers het hope talent en hulle werk verdien ’n regverdige prys. Om dié rede sal jy eintlik nooit iets op afslag by my te koop kry nie.

Intussen, in Amerika, gaan Republikeine nog ongehinderd voort met hul kultuuroorlog teen bedrywe wat verder wil kyk as net wins – dink aan ongelykhede rondom ras, geslag, minderhede of klimaatsverandering. Iets wat Republikeine en hul aanhangers “woke capitalism” noem. (Woke = die gewaarwording van maatskaplike onreg en vervolgens die verset daarteen.)

Image: ANGELA TUCK

Dus, in plaas van die Suid-Afrikaanse ondernemer te vra om haar pryse te verlaag, vra ek haar of sy voorlopig enige ander produkte het. Van vlekvrye staal, byvoorbeeld. Dít is 100% hernubaar en boonop kan jy uitstekende sierade daarvan maak wat lank mooi bly, nie-allergeen is en goed hou (behalwe as dit kom by chemikalieë – jy kan byvoorbeeld nie daarmee gaan swem nie weens die chloor in die water). Boonop, as die sierade mooi ontwerp en gemaak is kan jy dit vir ’n redelik goeie prys verkoop.

Intussen moet sy voortgaan om ’n mark te soek vir haar silwerprodukte, want gelukkig is daar nog wel mense wat bereid is om die ware prys te betaal van wat iets werd is. Dít is ook iets wat ek in die winkel sien. So spaar jouself die moeite om my vir ’n kortingsprys te vra.

Mooi naweek
Anesca


Oor twee weke vier ons boekefees in Clarens. Skrywers, digters en boekemense trotseer die koue om ons te trakteer. Het jy al verblyf bespreek? Gesprekke kos R90 elk, of koop sommer 'n naweekkaartjie teen R600 en kom kuier saam! Kaartjies te koop by Quicket. Sien jou daar!


Van 'n huilmooi storie oor Bothaville se laaste Jood en 'n kortverhaal oor 'n geflopte sex sandwich tot boekestories om voor die kaggel te lees, ons aanbiedings sal jou warm hou!


BOEKE

Image: ANGELA TUCK

Deborah Steinmair lees graag oor randeiers en raar karakters wat op die spektrum is en ontuis op aarde voel.

Sy voel nie soos ’n mens nie


Image: ANGELA TUCK

Kerneels Breytenbach stel ons voor aan die jongste wonders op die boekrak.

Nina Simone se kougom en ander mirakels


Image: ANGELA TUCK

In Linza de Jager storie melk Lem haar vriend Engel vir inligting oor die dag van die geflopte toebroodjie.

Jonas en die sex sandwich


Image: ANGELA TUCK

Deborah Steinmair vind verbeelde speelmaats tussen die bladsye van boeke.

Die vernielde speurders wat ons liefhet


Image: ANGELA TUCK

'n Leser, Mart-Mari van der Merwe, bekyk 'n Comrades-marathon van die sypaadjie af. Stuur jou bydrae aan Deborah Steinmair.

Hou bene, hou!


VRYE TYD

Image: ANGELA TUCK

Dominique Botha vertel van 'n Joodse skoenmaker en sy viool.

Die laaste Jood van Bothaville


Image: ANGELA TUCK

Laureen Rossouw stel 15 vrae aan 'n bekroonde skrywer en kunstenaar.

15 vrae aan Louis Jansen van Vuuren


Image: ANGELA TUCK

Emilia Smuts kook konfyt van 'n bakkievrag sitrusvrugte.

Só maak mens marmelade met ’n wavrag vrugte!


Image: ANGELA TUCK

Kerneels Breytenbach glo  musiek het niks te vrees van KI nie.

KI sal nie kitaar in musiekbedryf slaan


Image: ANGELA TUCK

Louis de Villiers sou graag vir Musk en Zuckerberg in die kryt wil sien.

Groot afwagting vir Musk vs. Zuckerberg


Image: ANGELA TUCK

Hier is vondste wat jou lewe makliker en lekkerder maak.

Vonds van die week


♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.