Het jy lekker vakansie gehou?

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Het jy lekker vakansie gehou?

ANESCA SMITH skryf oor pers roereiers, luukse verblyf sonder warm water, aardverwarming en gekortwiekte vakansies. DEBORAH STEINMAIR vertel meer oor die Vrye Tyd- en Boekestories in ons jongste uitgawe.

  • 29 Julie 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees

Dagsê

Image: ANGELA TUCK

’n Kaapse vriendin kom die afgelope week uit Amsterdam vir my kuier. Ek maak pers roomys van bloubesse vir die geleentheid.

Soos almal wat al roomys by die huis gemaak het weet, moet die melk-roommengsel wat jy by die eiers gooi net warm genoeg wees om die eiers te pasteuriseer. Ongelukkig is myne te warm. Die gevolg is iets wat soos roomys lyk, maar soos pers roereiers proe. Direk die vullisdrom in. Ek kan myself skop oor die voedselverspilling. Daar was vyf eier-dooiers in!

Image: ANGELA TUCK

My vriendin, ’n joernalis, bly in ’n woonstel bo Zuid-Afrikahuis in die Keizergracht – die duurste straat in Amsterdam. Media24 stuur elke twee maande een van sy joernaliste om daar te gaan bly en buitelandse ervaring op te doen.

Ongelukkig sit my vriendin nou al byna ’n maand sonder warm water in daardie luukse woonstel. Die rede? Hulle kan nie iemand vind om die herstelwerk te doen nie. Behalwe vir die algemene arbeidstekort, is heel Nederland op vakansie.

En sy goedkoop vakansie is iets waarop die Nederlander heilig is. Dít vat jy nie sommer van hom weg nie. Maak nie saak of die helfte van Griekeland aan die brand is, of die een ná die ander hitte-rekord in die suide van Europa aan die sneuwel is en of Schiphol-lughawe kreun onder die aantal goedkoop vlugte na kort-afstandbestemminge wat hy moet dra en omwonendes stik aan die giftige gasse nie.

Ja, die aarde word warmer, bla-bla-bla-sjokaladevla.

Die Volkskrant voer dié week ’n onderhoud met ’n Nederlandse gesin wat verlede naweek op die Griekse eiland Rhodos opgedaag het vir hul luukse vakansie in ’n vyfster-hotel. Net om begroet te word deur ’n vlammesee. Hulle is die duiwel in!

Image: ANGELA TUCK

Ja, dis waar, die brande op Rhodos woed al ’n paar dae, maar hulle verwag van die reisburo om hulle op die hoogte hou van dié soort gebeure. So eintlik is dit nie hulle skuld nie.

Tydens die onderhoud pik die oom so nou en dan ’n traantjie weg. Die hare op sy voorarms is weggeskroei deur die hitte. Hulle het nog steeds las van keelseer en hoofpyn. Boonop – en dít span die kroon – kry hulle by terugkoms van hul gekortwiekte vakansie boonop ’n e-pos van die reisburo: “Welkom tuis. Het jy lekker vakansie gehou?” lui dit.

Intussen is daar darem ’n bietjie goeie nuus ook. In Mei het Frankryk plaaslike vlugte wat ook deur ’n treinrit van minder as twee en ’n half uur afgelê kan word, verbied. En Spanje oorweeg dit om dieselfde te doen. Nou nog die gewone burger sover kry om op die trein te klim in plaas van die vliegtuig.

Mooi naweek
Anesca


In Clarens het ons boeke behoorlik gevier, en ook die skone kunste, soos ontwerp en illustrasie, en uitvoerende kunste, soos voordrag, beweging en dans. Noudat die fees verby is, kan jy jou steeds verlekker in ons Vrye Tyd- en Boekestories. Hier vier ons elke week fees. 


BOEKE

Image: ANGELA TUCK

Mercia S. Burger skryf oor Claire Dederer se boek Monsters, en oor ongure karakters wat lieflike kunswerke skep. Hoe moet ons voel?

Bliksems wat wonderbaarlike kuns skep


Image: ANGELA TUCK

Bibi Slippers deel twee van die verse wat nie haar nuwe bundel gehaal het nie. So lieflik: Ons sien uit na Soekenjin in Oktober.

Potlood en ink: verse van Bibi


Image: ANGELA TUCK

Soos altyd laat Kerneels Breytenbach ons mond water vir kraaknuwe boeke van oral. 

Kropgevoelens en vasvrafeite


Joan Hambidge se rak staan steeds vol Roths, ten spyte van vrouehaat wat deurskemer in sy romans.

’n Rak met Roth-romans – ondanks misoginie


Image: ANGELA TUCK

Mareli Stolp gooi 'n houtoog oor historiese fiksie, soos net sy kan.

’n Kanariegeel, sakkariensoet blik op ’n onverteerbare verlede


VRYE TYD

Image: ANGELA TUCK

Laureen Rossouw onthou Jeremy met sy kuif in 'n jelly roll gebrylcreem en 'n boek vol planne.

Die walkie-talkie


Image: ANGELA TUCK

Marguerite van Wyk bekyk die lente- en somerprogram van die KFO.

KFO, Plácido Domingo gaan met gehore toor


Image: ANGELA TUCK

Laureen Rossouw gesels met 'n geliefde akteur wat 60 word.

15 vrae aan Anna-Mart


Lientjie Wessels onthou haar ma deur geure en smake.

Lientjie se proe-en-onthou-resepte


Louis de Villiers skryf oor vanjaar se Tour-wenner en die seweskalender se sogenaamd ikoniese gashere.

’n Fietrsyer van ’n ander planeet; en die seweskalender in ’n harwar


Snuffel deur 'n lys van items wat jou lewe makliker en lekkerder maak.

Vonds van die week


♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.