26 Mei 2023

Nuus & Politiek
Gratis

Kniediep in die cholera

Die uitbraak in Hammanskraal is eerder ’n politieke as ’n gesondheidskrisis.

Vrye Denker
Gratis

Wat het ons gedoen?

Sy regering se argelose houding jeens kinderontvoerings in Oekraïne stroop Ramaphosa van alle eer en aansien.

Nuus & Politiek
Gratis

Die ANC se nuwe credo: We put fokol

Dis verstommend dat Ramaphosa en sy kabinet nie met drastiese ingrypings kom om die verrotting in die land te stuit nie.

Vrye Denker
Gratis

Is ’n nasionale koalisie die antwoord?

Niemand wil ’n herhaling hê van wat in plaaslike regerings aan die gebeur is nie.


Image: Theodore Key | @theodore_key_illustration

DIE 127ste Franse Ope begin Sondag op Roland Garros in Parys, Frankryk. Dis die enigste Grand Slam-tennistoernooi wat nog op kleibane beslis word. Wat maak dié oppervlak anders as gras of harder bane, en watter soort spelstyl werk die beste daarop?

Kleibane word nie regtig van klei gemaak nie, maar gewoonlik van 'n aggregaat van fyn gruis- en baksteenklippies. Dié onderlaag is sagter en veerkragtiger as ander oppervlakke, wat beteken dit neem meer van die bal se spoed weg elke keer wanneer dit bons, en laat dit terselfdertyd hoër bons as op ander oppervlakke.

Kleibane bied ook 'n swakker vastrap, wat meebring dat baie van die beste kleibaanspelers 'n soort skaatsstyl gebruik om in posisie te kom om 'n terughou te speel. Kleibane is aan die een kant minder veeleisend omdat die sagter onderlaag meer van die impak op veral spelers se knieë en enkels absorbeer, maar aan die ander kant beteken die stadiger spel dat punte en wedstryde gewoonlik langer vat om te beslis. Spelers het ook meer tyd om te reageer en terughoue te beplan, wat beteken dat die plasing van die bal en ander strategiese oorwegings 'n groter rol speel.

Die stadiger spel en hoër bons van die bal beteken dat 'n speler met 'n sterk afslaan minder van 'n voordeel het as op ander oppervlakke, en ook dat die spel geneig is om verder van die net en nader aan die basislyn plaas te vind. Dié ander manier van speel beteken dat sommige van tennis se beste spelers nooit die Franse Ope kon wen nie, insluitende Pete Sampras, John McEnroe, Venus Williams en Virginia Wade. Ander, soos Rafael Nadal en Björn Borg, was op klei net so goed of selfs beter. – Willem Kempen


VRYE DENKER

Vrye Denker
Gratis

51 wyshede oor die lewe, liefde en verkeersirkels

Die insigte van ’n groep vriende wat elke dekade van 40 tot 70 verteenwoordig.

Gesondheid & Omgewing
Gratis

Kos as medisyne: Is ‘breinkos’ ’n mite?

Daar is oortuigende navorsing wat toon dat kos wat ryk is aan sekere elemente breinfunksie ondersteun.

Vrye Denker
Gratis

’n Polisiekantoor agter slot en grendel

Van die top tot die bottom is daar algehele apatie. Die land brand terwyl die ministers twerk.

BOEKE

Boeke
Gratis

Stikdonker krimi’s om te vergeet wat alles haper

Logiese ontknopings en die seëvier van reg en geregtigheid maak sin, maar dit gebeur net in fiksie.

Boeke
Gratis

Janet Malcolm: Voyeuristiese agie en groen borde

Die nalatenskap van ’n merkwaardige optekenaar.

Boeke
Gratis

’n Hartshuis vir skrywers

Theo Kemp praat oor die Gerwel-stigting se skrywersresidensie in die Oos-Kaap en hoe om skrywers na publikasie te lei.

Boeke
Gratis

Karma is ’n tief

Die storie van ’n oudjoernalis en ’n oudlanddros se vriendskap.

Boeke
Gratis

RIV Martin Amis, en kom ons voel ’n slag goed

Ná André de Ruyter se boek het ’n mens iets soos liefdesverhale nodig om beter te voel.

VRYE TYD

Vrye Tyd
Gratis

Elke familie het ’n oom Boxer

Dominique Botha se pa onthou 'n kleurryke grootoom.

Vrye Tyd
Gratis

Martha voel ’n goue donsveer

Hoekom verguis vroue ander vroue wat vel wys?

Vrye Tyd
Gratis

Kos om ’n herfshart te laat bedaar

Maak frikkadelle wat soos omgekeerde sampioene lyk wanneer jy verlang.

Vrye Tyd
Gratis

Rune die astrante Deen bly die bal bliksem

Daar is ’n paar jong tennissterre wat meer as net belowend is, maar wie is die volgende Fedalkovic?

Vrye Tyd
Gratis

15 vrae aan Dawid Minnaar

Die een ding wat vir hom sexy is, is onpubliseerbaar, sê dié akteur.